IMG_0101 IMG_0102 IMG_0103 IMG_0104 IMG_0105 IMG_0106 IMG_0107 IMG_0108 IMG_0109 IMG_0110

Zoeteslaap Kussings Kroonstad

 

Zoeteslaap Kussings het sy ontstaan in 2009 in Kroonstad gehad.  Die eerste kussing was uit nood gemaak, want my vrou het in haar latere jare asma ontwikkel en die eerste kussing was vir haar waar sy  dadelik beter begin slaap het.

 

Familie en Vriende het begin belangstel en ons het Welkom Vlooimark begin bywoon.  Ons kussings word nie massa geproduseer nie, elke kussing gaan deur my en my vrou se hande en elkeen word net gestop met n top produk wat gemaklike en n goeie nagrus waarborg.  Die kussings was baie mooi en met gereelde pof in die oggende gaan u jare se genot uit hulle verkry.

 

Van ons kussings het hulle weg al gekry na gastehuise in die Noord Kaap,  dele van Limpopo asook Gauteng.  Daar gaan gereeld besendings na Gobabis en Windhoek en n paar het op reis gegaan na London, Australie en Ghana.

 

Met die jare wat ons kussings bemark, het die publiek ons die bynaam gegee van “Die kussing mense van Kroonstad”.

 

Zoeteslaap kussings wil graag al sy getroue kliente (party al goeie vriende geword) bedank vir hulle jare se ondersteuning en wil nog altyd die kussing mense van Kroonstad bly!

 

Kussing groete

 

Wessel en Engela Pretorius

IMG_0111 IMG_0134